Arctocephalus

Arctocephalus is 'n genus van pelsrobe. Die genus bestaan uit sewe of agt spesies.

Arctocephalus
Nieu-Seelandse pelsrobbe
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Suborde:
Familie:
Otariidae
Subfamilie:
Genus:
Arctocephalus

É. Geoffroy Saint-Hilaire & F. Cuvier in F. Cuvier, 1826
Tipespesie
Phoca pusilla
Schreber, 1775
Spesies

Arctocephalus gazella
Arctocephalus townsendi
Arctocephalus philippii
Arctocephalus galapagoensis
Arctocephalus pusillus
Arctocephalus forsteri
Arctocephalus tropicalis
Arctocephalus australis

Taksonomie

  • Genus Arctocephalus
    • Antarktiese pelsrob, A. gazella
    • Guadalupe-pelsrob, A. townsendi
    • Juan Fernández-pelsrob, A. philippii
    • Galápagos-pelsrob, A. galapagoensis
    • Kaapse pelsrob, A. pusillus
    • Nieu-Seelandse pelsrob, A. forsteri (word bevraagteken - sien onder)
    • Subantarktiese pelsrob, A. tropicalis
    • Suid-Amerikaanse pelsrob, A. australis

Die aantal spesies in die genus word bevraagteken, hoofsaaklik as gevolg van beperkte molekulêre data. Die probleem word vererger deurdat sommige spesies vrugbare kruisings (basters) kan produseer. 'n Onlangse hersiening het aanbeveel dat sewe spesies behou word. Die Nieu-Seelandse pelsrob word 'n subspesie van die Suid-Amerikaanse pelsrob, terwyl die status van die Guadalupe-pelsrob ook bevraagteken word.[1] Ander onlangse studies het aangedui dat die genus dalk parafileties is (nie 'n gemeenskaplike voorsaat het nie).[2] In die geval sal alle spesies (behalwe vir die Kaapse pelsrob) in 'n aparte genus ingedeel word.[1] Die naam Arctophoca is vir die nuwe genus voorgestel.

Verwysings

  1. Berta, A. & Churchill, M. (2012). "Pinniped Taxonomy: evidence for species and subspecies". Mammal Review. 42 (3): 207–234. doi:10.1111/j.1365-2907.2011.00193.x.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  2. Yonezawa, T. (2009). "The monophyletic origin of sea lions and fur seals (Carnivora; Otariidae) in the Southern Hemisphere". Gene. 441 (1–2): 89–99. doi:10.1016/j.gene.2009.01.022. PMID 19254754.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.