Arabiese kaurie
Die Arabiese kaurie (Cypraea arabica) is 'n slak wat voorkom aan die ooskus van Suid-Afrika en word tot 10 cm groot. Die skulp is glad en eiervormig. Dit is ligbruin van kleur met digte, donkerbruin vlekke en patrone op. Die ongewerwelde dier leef in die tussengetysone of in vlak riwwe waar dit in skeure skuil. 'n Mantel bedek die skulp wat verhoed dat ander organismes hulle op die dop vestig.
Arabiese kaurie | |
---|---|
'n Lewendige Arabiese kaurie. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
(geen rang): | |
Superfamilie: | Cypraeoidea |
Familie: | Cypraeidae |
Genus: | Mauritia |
Spesie: | M. arabica |
Binomiale naam | |
Mauritia arabica (Linnaeus, 1758) | |
Sinonieme | |
|
Fotogalery
- Kaart wat verspreiding aandui.
- 'n Arabiese kaurie in sy natuurlike posisie.
- Skulpe
- Skulp van Cypraea arabica f. niger
Bron
- Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0
Wikimedia Commons bevat media in verband met Cypraea arabica. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.