Apollo 4
Apollo 4 (ook bekend as AS-501) was die eerste onbemande toetsvlug van die Saturn V-vuurpyl van die Apollo-program. Die vuurpyl is gebruik vir die maanlandings. Dit is gelanseer vanaf lanseerplatform 39 by die John F. Kennedy Ruimtesentrum op Merritt-eiland, Florida. Hierdie fasiliteit is spesiaal vir die Saturn V ontwikkel.
![](../I/Apollo_program.svg.png.webp)
![](../I/Apollo_4_liftoff_-_GPN-2006-000038.jpg.webp)
Apollo 4 word gelanseer
Die Apollo-vlug het al drie stadiums ingesluit: S-IC-eerste stadium, S-II-tweede stadium en S-IVB-derde stadium. Laasgenoemde stadium is ook tydens die vlug weer ontbrand, 'n eerste vir NASA. Apollo 4 is op 9 November 1967 gelanseer.
Voorafgegaan deur Apollo 1 |
Apollo-program | Opgevolg deur Apollo 5 |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.