Apollo 14
Apollo 14 was 'n Amerikaanse ruimtesending waarmee nog mense, die Amerikaners Alan Shepard en Edgar Mitchell, op die maan geland het op 5 Februarie 1971 om 09:18:11 UTC.
Sendingwapen | |
Sendingstatistiek | |
Sendingnaam: | Apollo 14 |
Roepteken: | Beheermodule: Kitty Hawk Maanmodule: Antares |
Bemanningslede: | 3 |
Lansering: | 31 Januarie 1971 om 21:03:02 UTC Kennedy Ruimtesentrum LC 39A |
Maanlanding: | 5 Februarie 1971 om 09:18:11 UTC 3.65°S 17.47°W Fra Mauro |
Maanuitstappies: | 9 uur 22 min 31 sek |
Tyd op die maan: | 21 uur 30 min |
Aardlanding: | 9 Februarie 1971 21:05:00 UTC 13° 19′ N 169° 9′ W |
Tydsduur: | 9 dae en 2 minute |
Verloop van die sending
Die Apollo-ruimtetuig is deur 'n Saturn V-vuurpyl gelanseer vanaf Kennedy-ruimtesentrum op Merritt Island, Florida, op 31 Januarie 1971. Apollo 14 was die agtste bemande sending van NASA se Apollo-program.
Shepard en Mitchell het met twee uitstappies vir ongeveer 9 uur en 22 minute buite die ruimtetuig vertoef, en saam het hulle 42,28 kg (93,2 pond) se maanmateriaal versamel om terug te neem aarde toe. Die ander lid van die sending, Stuart Roosa, het alleen in 'n wentelbaan om die maan gewentel in die beheermodule van die ruimtetuig, totdat Shepard en Mitchell later weer na hom teruggekeer het vir hul reis terug na die Aarde.
Details
- Gelanseer: 31 Januarie 1971 vanaf Kennedy platform 39A
- Terugkeer: 9 Februarie 1971
- Bemanningslede: Alan Shepard, kommandeur; Stuart Roosa, beheermodule-vlieënier; Edgar Mitchell, maanmodule-vlieënier.
- Beheermodule: Kitty Hawk
- Maanmodule: Antares
- Maanlandingsarea: Fra Mauro
Voorafgegaan deur : Apollo 13 |
Apollo-program | Gevolg deur : Apollo 15 |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |