Apennyne
Die Apennyne is 'n bergreeks in die middel van Italië wat van die noordweste tot in die suide van die land strek. Die bergreeks word in drie hoofdele gedeel: die noordelike Apennyne, sentrale Apennyne en suidelike Apennyne.[1]
Die bergreeks is 1 350 kilometer lank en strek van Ligurië in die noordweste tot in Kalabrië in die suidooste. Die hoogste berg, Corno Grande in die Abruzze-streek, is 2 912 meter hoog. Die mees suidelike gletser van Europa word hier aangetref, maar dit is sedert 1794 besig om te kwyn.[2]
Die suidelike berge is halfdroog. Die oostelike hange na die Adriatiese See is steil, terwyl westelike hange voetheuwels vorm waarlangs die meeste van die skiereiland se stede gevestig is.
Verwysings
- HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- Pederotti 2003, p. 75
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Apennyne.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.