Anzjoe-eilande
Die Anzjoe-eilande (Russies: острова Анжу; Jakoeties: Анжу арыылара) is ’n subgroep van die Nieu-Siberiese Eilande. Hulle is geleë noord van die Oos-Siberiese kus tussen die Laptef-see en die Oos-Siberiese See noord van Sacha (Jakoetië). Die totale oppervlakte van die Anzjoe-eilande is sowat 29 000 km².
Anzjoe-eilande Inheemse naam: острова Анжу, Анжу арыылара | |
---|---|
Die Nieu-Siberiese Eilande. | |
Geografie | |
Ligging | Rusland, Arktiese Oseaan |
Koördinate | 75°28′N 143°02′O |
Argipel | Nieu-Siberiese Eilande |
Totale eilande | 6 |
Hoofeilande | Kotelni-eiland, Faddejefski-eiland, Boenge-land, Nanosni-eiland, Nowaja Sibir,
Belkofski-eiland |
Oppervlakte | 29 900 vk km |
Administrasie | |
Rusland | |
Republiek | Jakoetië
|
Demografie | |
Bevolking | 0
|
Die hoofeilande van die subgroep is (van wes na oos):
- Belkofski-eiland (о. Бельковский; 500 km²)
- Kotelni-eiland (о. Коте́льный; 11 700 km²) en Faddejefski-eiland (о. Фадде́евский; 5 300 km²), wat verbind word deur Boenge-land (земля́ Бу́нге; 6 200 km², wat soms deur die see oorstroom is).
- Nowaja Sibir (о. Но́вая Сиби́рь; 6 200 km²)
Die eilande is genoem na die Russiese ontdekkingsreisiger Pjotr Fjodorowitsj Anzjoe, ’n Russies-gebore afstammeling van Protestantse vlugtelinge van die Franse provinsie Anjou. Hulle is feitlik onbewoon. Hulle behoort administratief aan Sacha (Jakoetië), ’n republiek van die Russiese Federasie.
Verwysings
- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Anzhu Islands
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Anzjoe-eilande.
Die Nieu-Siberiese Eilande | |||||||
|
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.