Anysberg

Die Anysberg is 'n klein inselberg van ongeveer 34 km lank, net wes van die Klein-Swartberg in die Klein-Karoo. Die Anysberg-natuurreservaat is hier geleë. Die Prinsrivierdam is aan die suidekant van die berg geleë. Flora wat op die berg aangetref word is onder andere: louriersuikerbos en die visbekvygie. Die berg is vernoem na die anysplantjie (Pimpinella anisum), wat ook hier aangetref word.

Anysberg
Ligging Klein-Karoo, Suid-Afrika
Hoogte 1 477 meter bo seevlak
Lengte 34 km
Rigting Noordoos
Reeks Kaapse Plooigordel
Koördinate 33.51983°S 20.5571°O / -33.51983; 20.5571
Bergtipe Berg
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.