Antonio Giovinazzi

Antonio Giovinazzi (gebore 14 Desember 1993) is 'n Italiaanse beroepsrenjaer wat tans vir die Alfa Romeo-Ferrarispan aan Formule Een deelneem.

Antonio Giovinazzi
Antonio Giovinazzi in 2019
Antonio Giovinazzi in 2019
Geboortedatum 14 Desember 1993 (1993-12-14)
Geboorteplek Martina Franca, Italië
Nasionaliteit Vlag van Italië Italianer
Motornommer 99
Inskrywings ( begin)
Kampioenskappe 0
Eerste F1-wedren 2017 Australiese Grand Prix
Laaste inskrywing 2024 Japannese Grand Prix
Laaste seisoen 2020
Verlede jaar plek 17de (4 punte)

Hy was die 2015 FIA Europese Formule 3-Kampioenskap naaswenner en het vir Prema gejaag in die 2016 Internasionale GP2-Reeks, hy eindig in die tweede plek met vyf oorwinnings en agt algehele podiums. Giovinazzi is deur Scuderia Ferrari aangewys as hul FIA Formule 1 derde en reserwebestuurder vir die 2017 seisoen. Hy het sy Formule Een Grand Prix debuut vir Sauber by die 2017 Australiese Grand Prix gemaak nadat hy Pascal Wehrlein vervang het, en het ook deelgeneem aan die Chinese Grand Prix terwyl Wehrlein nog herstel het.[1]

Giovinazzi bestuur vir Sauber tydens die 2017 voorseisoentoetse

Loopbaan

Karting

Hy het aan karting deelgeneem van 2006 tot 2012 en was die kampioen in die Italiaanse Nasionale Trofee 60cc en Eurotrofee 60, beide in 2006.[2]

Formule Een

In September 2016 het Scuderia Ferrari aangekondig dat Giovinazzi simulatorwerk vir hul sou verrig.[3] In Desember is Giovinazzi se plek bevestig as Ferrari se derde bestuurder.[4] Hy het in 2017 deelgeneem aan voorseisoentoetse by Sauber. In die Australiese Grand Prix het Giovinazzi vir Pascal Wehrlein vervang wie nog nie fiks genoeg was vir die volle renafstand nie,[5]as gevolg van 'n ongeluk by die 2017 Kampioeneren.[6] Sauber het aangekondig dat Wehrlein weer vervang sal word deur Giovinazzi vir die 2017 Chinese Grand Prix. [7]

Hy neem saam met Kimi Räikkönen vir Alfa Romeo deel vanaf die 2019-seisoen tot en met die 2021-seisoen.[8][9]

Volledige Formule Een-uitslae

(Renne in vetdruk is voorste wegspringplek; renne in skuinsdruk is vinnigste rondte)

Jaar Inskrywer Onderstel Enjin 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 Plek Punte
2017 Sauber F1-span Sauber C36 Ferrari 061 1.6 V6 Turbo AUS
12
CHN
DNF
BHR RUS SPA MON KAN AZE OST 22ste 0
Haas F1-span Haas VF-17 Ferrari 062 1.6 V6 Turbo GBR
TD
HON
TD
BEL ITA SIN
TD
MAL
TD
JPN VSA MEX
TD
BRA
TD
ABU
TD
2018 Alfa Romeo Sauber F1-span Sauber C37 Ferrari 062 EVO 1.6 V6 Turbo AUS BHR CHN AZE ESP MON KAN FRA OST GBR GER
TD
HON
TD
BEL ITA SIN RUS
TD
JPN VSA MEX
TD
BRA
TD
ABU
TD
2019 Alfa Romeo Racing Alfa Romeo C38 Ferrari 064 1.6 V6 turbo AUS
15
BHR
11
CHN
15
AZE
12
ESP
16
MON
19
KAN
13
FRA
16
OST
10
GBR
Ret
GER
13
HON
18
BEL
18
ITA
9
SIN
10
RUS
15
JPN
14
MEX
14
VSA
14
BRA
5
ABU
16
17de 14
2020 Alfa Romeo Racing Orlen Alfa Romeo C39 Ferrari 065 1.6 V6 turbo OOS
9
STI
14
HON
17
GBR
14
70J
17
SPA
16
BEL
DNF
ITA
16
TOS
DNF
RUS
11
EIF
10
POR
15
EMI
10
TUR
DNF
BAH
16
SAK
13
ABU
16
17de 4
2021 Alfa Romeo Racing Orlen Alfa Romeo C41 Ferrari 066 1.6 V6 turbo BHR
12
EMI
14
POR
12
ESP
15
MON
10
AZE
11
FRA
15
STI
15
OOS
14
GBR
13
HON
13
BEL
13
NED
14
ITA
13
RUS
16
TUR
11
VSA
11
MXS
11
SAP
14
KAT
15
SAU
9
ABU
DNF
18de 3

Kon nie die ren voltooi nie, maar is geklassifiseer omrede hy meer as 90% van die wedrenafstand afgelê het.

Verwysings

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.