Anoeket
Anoeket (ook gespel Anqet; Grieks: Anoekis) was oorspronklik in die Egiptiese mitologie die verpersoonliking en godin van die Nylrivier in gebiede waar die Nyl sy reis deur Egipte begin, asook in nabygeleë gebiede van Nubië.
Anoeket | ||||||
Die godin Anoeket, uitgebeeld met ’n kopstuk van pluime. | ||||||
Soort godin | Egipties | |||||
Godin van | Die rivier | |||||
Naam in hiërogliewe | ||||||
Sibbes | Chnoem en Satet | |||||
|
Sy was deel van die triade wat die god Chnoem en godin Satet ingesluit het. Sy was die suster van Satet, maar kon ook ’n metgesel van Chnoem gewees het.[1] Sy is uitgebeeld met ’n kopstuk van pluime.[1] Haar heilige dier was die gasel.
Die Fees van Anoeket het begin wanneer die Nyl elke jaar sy oewers begin oorstroom het. Mense het muntstukke, goud, juwele en geskenke in die rivier gegooi uit dank vir die lewegewende water en so van die rykdom teruggegee wat haar vrugbaarheid meegebring het.
Die taboe in verskeie dele van Egipte op die eet van sekere soorte vis wat as heilig beskou is, is in dié tyd opgehef en die vis is geëet as deel van die feestelike ritueel.
Verwysings
- Geraldine Pinch, Egyptian Mythology: A Guide to the Gods, Goddesses, and Traditions of Ancient Egypt, Oxford University Press, 2004, p 186
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Anoeket.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia