Annonay
Annonay is 'n dorp en kommune in die noorde van die Ardèche département in Frankryk. Dit is die digs bevolkte kommune in Ardèche.
Annonay | |
---|---|
Wapen | |
Annonay | |
Koördinate: 45°14′27″N 4°40′17″O | |
Land | Frankryk |
Gewes | Auvergne-Rhône-Alpes |
Département | Ardèche |
Arrondissement | Tournon-sur-Rhône |
Kanton | Annonay-Nord en Annonay-Sud |
Regering | |
• Burgemeester | Antoinette Scherer |
Oppervlak | |
• Totaal | 21,20 km2 (8,19 vk. myl) |
Hoogte | 270–746 m (890–2 448 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 16 923 |
• Digtheid | 798/km2 (2 070/vk. myl) |
Poskode | 07100 |
Skakelkodes | 07010 |
Webwerf | mairie-annonay.fr |
Geografie
Annonay is'n paar kilometer van die Rhône-rivier en 75 km ten suide van Lyon en 40 km vanaf Saint-Étienne geleë.
Annonay is gebou op die heuwel wat uitkyk op die diep klowe waar die Deûme- en die Cance-riviere saamvloei. Die water van hierdie riviere word gebruik om krag aan die dorp en sy fabrieke te verskaf. 'n Nabygeleë dam noord-wes vanaf die dorp wat oor die Ternay, 'n vertakking van die Deûme, gebou is, verskaf water vir nywerheids- en huishoudelike gebruik in die dorp.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.