Annie Basson
Annie Basson is 'n Suid-Afrikaanse aktrise en regisseur. Basson het haar opleiding aan die Akademie vir Dramakuns ontvang en was van 1971 tot 1973 ’n lid van die destydse Sukovs-werkteater. Sy is bekend vir haar spel as Zerbinetta in Molière se Die Jakkalsstreke van Scapino (onder regie van Bartho Smit). Later was sy die televisieregisseur van Hennie Aucamp se Die hartseerwals, Pauline Smith se Die sondaar en Wilma Stockenström se Uitdraai. Sy het navorsing gedoen en die regie vir 'n omvattende dokumentêre TV-reeks oor die Afrikaanse teater, Van kerslig tot kollig, behartig. Sy is getroud met die TV-regisseur en vervaardiger Danie Odendaal.[1]
Annie Basson | |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
---|---|
Beroep(e) | Aktrise, regisseur |
Rolprente | Daisy de Melker (1993) Death in the Family (1993) Meester (1992) |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Filmografie
As regisseur:
- Daisy de Melker, 1993 (TV-film)
- Death in the Family, 1993 (Mini TV-reeks)
- Meester, 1992 (TV-reeks)
As aktrise:
- Olie Kolonie, 1975
- Somer, 1975 as Katryn
Verwysings
- HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.