Anna Davel
Anna Davel is 'n Afrikaanse liedjieskrywer, sangeres en aktrise. Sy is in 1997 deur die ATKV as wenner van die Crescendo-sangkompetisie aangewys. Van haar treffers sluit in: Die Gypsy in jou oë en Te lank al. Sy was ook al te sien in verskeie Afrikaanse rolprente en verhoogproduksies.
Anna Davel | |
---|---|
Beroep(e) | Sangeres |
Etikette | Indie |
Webwerf | annadavel.com |
Anna het in 1990 'n jaar militêre opleiding by die Suid-Afrikaanse Leërvrouekollege (Salvkol) op George ondergaan.
Diskografie
- 2000: Te Diep
- 2003: Gypsy
- 2005: Godinne Op Die Grondpad
- 2007: Raaisels, Skepe en 1000 Drome
- 2009: My Storie DVD
- 2009: Linger Longer
- Onbekend: Musiek En Woorde / My Storie DVD
Filmografie
- 2010: Liefling (rolprent)
- 2010: Susanna van Biljon
- 2014: Suurlemoen (rolprent)
Verwysings
Sien ook
Eksterne skakels
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.