Anish Giri
Anish Kumar Giri (gebore 28 Junie 1994) is 'n Russiese-gebore Nederlandse grootmeester en voormalige skaakwonderkind. Hy het 'n grootmeester geword op die ouderdom van 14 jaar en 7 maande.
Anish Giri | |
Anish Giri in 2014 | |
Naam | Anish Kumar Giri |
---|---|
Geboorte | 28 Junie 1994 Sint Petersburg, Rusland |
Nasionaliteit(e) | Rusland tot 2009 Nederland (vanaf 2009) |
Titel | Grootmeester 2009 |
FIDE rang | No. 5 (November 2018) |
Persooonlik lewe
Giri is gebore in Sint Petersburg op 28 Junie 1994 met 'n Russiese ma, Olga Giri,[1] en 'n Nepalese pa, Sanjay Giri. In 2002, het hy verhuis na Sapporo, Japan, saam met sy ouers en daar gewoon tot 2008. Vanaf Februarie 2008 het Giri en sy familie gewoon in Rijswijk, Zuid-Holland. Hy het twee susters, Natasha en Ayusha.
Hy het getrou met Sopiko Guramishvili op 18 Julie 2015.[2] Op 3 Oktober 2016, terwyl Giri gespeel het in die Tal Memorial, was hul seun Daniel gebore.[3]
Verwysings
- "Promise of greatness in Dutch chess prodigy" (in Nederlands). Nrc.nl. 15 Januarie 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Maart 2010. Besoek op 14 Desember 2012.
- Another Chess Wedding: Anish Giri becomes a Son in Law of Georgia, and Sopiko Guramishvili Marries One of the World's Top Players - chess-news.ru, 18 Julie 2015
- Doggers, Peter (4 Oktober 2016). "Peaceful Round In Moscow As Giri Celebrates Fatherhood". Chess.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Desember 2016. Besoek op 8 Desember 2016.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.