Angoulême

Angoulême (Saintongeais: Engoulaeme) is 'n Suid-Wes-Franse stad in die administratiewe gewes Nieu-Akwitanië en die prefektuur of hoofstad van die département Charente. Angoulême is op 'n heuwel aan die Charente-rivier geleë en beslaan 'n oppervlakte van 21,85 vierkante kilometer met 42 242 inwoners (2009).

Angoulême
Die katedraal Saint-Pierre d'Angoulême
Die katedraal Saint-Pierre d'Angoulême
Wapen van Angoulême
Wapen
Angoulême is in Frankryk
Angoulême
Angoulême
Koördinate: 45°38′56″N 0°09′39″O
LandVlag van Frankryk Frankryk
Gewes Nieu-Akwitanië
Département Charente
ArrondissementAngoulême
KantonAngoulême-Oos, Angoulême-Noord, Angoulême-Wes
Regering
  BurgemeesterXavier Bonnefont
Oppervlak
  Stad21,85 km2 (8,44 vk. myl)
Hoogte
27–130 m (89–430 ft)
Bevolking
  Stad42 242
  Digtheid1 933/km2 (5 010/vk. myl)
  Stedelik
178 650
Poskode
16000
Skakelkodes16015
Webwerfangouleme.fr

Angoulême het internasionale bekendheid verwerf met sy strokiesprent-sentrum Centre national de la bande dessinée et de l'image en die strokiesprent-fees Festival International de la Bande Dessinée d'Angoulême. Die stad is daarnaas met die amptelike titel Ville d'art et d'histoire ("Stad van kuns en geskiedenis") vereer en het tot 'n gewilde toeristetrekpleister ontwikkel.

As hoofstad van die historiese provinsie Angoumois, wat grootliks met die huidige département Charente ooreenkom, was Angoulême eeue lank 'n versterkte nedersetting by die kruispunt van belangrike handelsroetes wat verskeie kere beleër is. Vandag maak die stad deel uit van een van die mees geïndustrialiseerde streke in die gewes. Vanaf die 16de eeu was papiervervaardiging die belangrikste bedryf, later het ook metaalgieterye en elektromeganiese nywerhede ontstaan.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.