Anel Alexander
Anel Alexander (née Flett, 26 November 1979) is 'n Suid-Afrikaanse aktrise, skrywer en vervaardiger van Pretoria. Haar pa is van Skotse afkoms. Sy het in 2002 'n BA-drama-graad cum laude van die Universiteit van Pretoria verwerf.
Anel Alexander | |
Geboortenaam | Anel Flett |
---|---|
Geboorte | 26 November 1979 Pretoria |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Aktrise |
Webwerf | anelalexander.com |
Toekennings | ATKV-penning kykNET se Silwerskermfees-prys |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Op hoërskool wen sy 'n ATKV-penning vir beste byspeler in 'n kompetisie vir tieners.[1] Sy het die rol van Liesl in 7de Laan vertolk en ook in 'n aantal romantiese komedies gespeel, onder andere in Semi-soet en Klein Karoo.[2]
In 2013 speel sy in die Afrikaans dramareeks Geraamtes in die kas.[3] Later in dieselfde jaar wen sy die kykNET Silwerskermfees-prys vir die beste ondersteunende rol in Faan se Trein.[4] Sy was getroud met die akteur James Alexander.
Filmografie
As akteur:
- 7de Laan, 2000 (TV-reeks) as Liesl Landman
- Binnelanders, 2005 (TV-reeks) as Nina
- Discreet, 2008 as Monique
- Getroud met rugby, 2009 (TV-reeks) as Julia
- The Mating Game, 2010 (TV-reeks) as Trudy
- Valentown, 2010 (kortfilm) as desperate meisie
- Getroud met Rugby: Die Onvertelde Storie, 2011 as Julia Verster
- Semi-soet, 2012 as Jaci van Jaarsveld
- Drukkersbloed, 2012 (kortfilm)
- Klein Karoo, 2013 as Sophie Ferreira
- Donkerland, 2013 (TV Mini-reeks) as Maria
- Musiek vir die Agtergrond, 2013 as vrou by kinderhuis
- Geraamtes in die Kas, 2013 (TV-reeks) as dr. Susan Brink
- Faan se Trein, 2014 as Truia
- Mooirivier, 2015
As vervaardiger:
- Discreet, 2008
- Semi-soet, 2012
As skrywer:
- Semi-soet, 2012 (oorspronklike storie)
Verwysings
- Die Wilgers spog met kultuurprestasie, Beeld, 2 Oktober 1995
- Klein Karoo is a heartwarming story, besoek op 5 Februarie 2013.
- Skeletons in the closet Geargiveer 18 November 2020 op Wayback Machine, besoek op 24 November 2013
- Festival a platform for film-makers, besoek op 24 November 2013
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.