Andries Adriaan Louw
Ds. Andreas Adriaan (Andries) Louw (Paarl, 30 Mei 1827 - Paarl, 24 Junie 1908) was 'n invloedryke leraar in die Nederduitse Gereformeerde Kerk, die vader van ds. Andries Adriaan Louw sr. en grootvader van dr. Andries Adriaan Louw jr.
Hy was van 1848 tot 1867 die eerste leraar van die eerste gemeente in die Oranje-Vrystaat, NG gemeente Fauresmith en praeses van die stigtingsvergadering van die Sinode van die Vrystaat in 1864. Van 1867 tot 1882 was hy leraar van die NG gemeente Murraysburg in die Karoo en van 1882 tot hy sy emeritaat aanvaar het in 1897 van die Toringkerk in die Paarl. In sy eerste gemeente hy sowat 19 jaar gestaan, in die tweede 15 jaar en ook in die derde. Uit sy huwelik met Jemima Murray, 'n dogter van ds. Andrew Murray sr., is nog drie bekende leraars gebore, Andries Adriaan Louw sr., Abraham Faure Louw en James Murray Louw.
Kinders
- Maria Johanna (Mimie), 4 Augustus 1856 – Julie 1902 (getroud met ds. P.F. Hugo van Pearston en ná sy dood met ds. J.C. Reyneke van Sutherland en daarna 38 jaar lank van Cradock)
- Andrew Murray, 24 Maart 1860 – 27 Augustus 1861
- Andries Adriaan (Andrew), 26 Februarie 1862 – 12 Augustus 1956
- George Albertyn, 12 Mei 1864 – 30 Augustus 1950
- Abraham Faure (Affie), 12 Desember 1866 – 16 Augustus 1960
- James Murray (Jimmy), 18 Januarie 1869 – 21 November 1939
- William Hofmeyr (Willie), 17 Desember 1870 – 23 November 1901 Kaapse rebel; gefusilleer op Colesberg)
- Johannes Rudolph (Jannie), 7 November 1872 – 14 Augustus 1946
- Charles Robert (Charlie), 11 Januarie 1875 – 19 September 1909
- Jemima Theodora (Mymie), 23 Junie 1880 – 6 Maart 1967
Bronne
- Hofmeyr, George (hoofred.), 2002. NG Kerk 350. Wellington: Lux Verbi.BM.
- NG Kerk in Suid Afrika Argief, Stellenbosch.
- Olivier, ds. P.L. (samesteller), 1952. Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers.
- Potgieter, D.J. (hoofred.) 1974. Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town: Nasou Limited.