Andrew Gilbert Wauchope
Andrew Gilbert Wauchope (5 Julie 1846, Niddrie, Midlothian, Skotland – 11 Desember 1899, Magersfontein) was 'n Britse soldaat. In 1860 sluit hy by die Britse vloot aan as 'n seekadet en kry 'n oorplasing na die Britse Leër ses jaar later. Hy doen diens in die Ashanti Oorlog (1873–1874), die Egiptiese Oorlog van 1882 by Tel-el-Kebir. Hy doen ook mee aan die Nylekspedisie van 1884–1885 waar hy ernstig gewond word; sy derde wond tydens gevegte. Hy doen ook diens in Soedan in 1898. Hy arriveer in Suid-Afrika as 'n Generaal-majoor en was in bevel van die Highland Brigade. Hy sneuwel tydens die Slag van Magersfontein op 11 Desember 1899.
Andrew Gilbert Wauchope | |
---|---|
Geboortedatum | 5 Julie 1846 |
Geboorteplek | Niddrie, Midlothian, Skotland |
Sterfdatum | 11 Desember 1899 (53 jaar oud) |
Sterfplek | Magersfontein, Suid-Afrika |
Lojaliteit | Verenigde Koninkryk |
Diens/Tak | Britse leër |
Jare in diens | 1873–1899 |
Rang | Generaal-majoor |
Veldslae/oorloë | Ashanti Oorlog (1873–1874) Egiptiese Oorlog (1882) Nyl Ekspedisie (1884–1885) Mahdiste-opstand (1898) Tweede Vryheidsoorlog (1899) |
Toekennings | Companion des Order of St. Michael and St. George Companion des Order of the Bath |
Sien ook
Bronne
- Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Eric Rosenthal. 1967
- The Hall Handbook of the Anglo Boer War. Darrell Hall. 1999. ISBN 0-86980-949-0
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.