André Pretorius (skrywer)

André Pretorius is 'n Suid-Afrikaanse skrywer van reisjoernale en -sketse.[1] Hy skryf in sy moedertaal Afrikaans, en gee so aan die gemiddelde Afrikaanse persoon in Suid-Afrika die geleentheid om deur sy besondere veelsydigheid, skryfvernuf, vertelstyl en idiomaties-bekende skryfstyl as't ware die verre wêreld en interessanthede daarvan saam met hom te verken.[2]

Andre Pretorius
NasionaliteitVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
BeroepSkrywer

Hy het grootgeword in Marble Hall in die teenswoordige Limpopo provinsie, maar is tans woonagtig in Cambridge, Engeland.[3] Onder sy pen het verskyn Iets Ver en Nuut, uitgegee deur Protea Boekhuis, Eilande en Enklaves, Italiaanse Intermezzi uitgegee deur Naledi Uitgewers, en sy nuutste publikasie Geloof Alleen, uitgegee deur CUM Boeke; met die subtitel Reise deur die Kerkhervormings.[4]

Verwysings

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.