Andaman-eilande

Die Andaman-eilande (Engels: Andaman Islands) is 'n eilandgroep in die Indiese Oseaan en vorm saam met die suidelike Nicobar-eilande die Indiese uniegebied Andaman- en Nicobar-eilande. Die eilandgroep het 'n bevolking van sowat 343 125 in 2011 gehad en het 'n oppervlakte van 8 249 km². Die hoofstad, Port Blair, het 'n bevolking van 100 608 in 2010 gehad. Die Andaman-eilande is oos van die Indiese subkontinent, in die suidweste van Mianmar en in die weste van Thailand tussen die Golf van Bengale in die weste en die Andamanse See in die ooste geleë.

Andaman-eilande
Ligging van die Andaman-eilande
Ligging van die Andaman-eilande
Geografie
Ligging
Koördinate12°30′N 92°45′O
ArgipelAndaman- en Nicobar-eilande
Totale eilande572
HoofeilandeNoord-Andaman-eiland, Klein-Andaman-eiland, Middel-Andaman-eiland
Oppervlakte8 249 vk km
Hoogste puntSaddle Peak 732 m
Administrasie
Vlag van Indië Indië
UniegebiedAndaman- en Nicobar-eilande

HoofstadPort Blair
Grootste stadPort Blair (100 608)

Demografie
Bevolking343 125

Satellietbeeld van die Andaman-eilande.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.