Anaboom
Die Anaboom (Faidherbia albida) - voorheen Acacia albida - is 'n boom wat aangetref word in die alluviale vloedvlaktes of langs die riviere en panne in Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal asook Eswatini.
Anaboom | |
---|---|
![]() | |
Eksemplaar in die Manie van der Schijff Botaniese Tuin, Pretoria | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Fabales |
Familie: | Fabaceae |
Klade: | Mimosoideae |
Genus: | Faidherbia |
Spesie: | F. albida |
Binomiale naam | |
Faidherbia albida (Delile) A.Chev. | |
![]() | |
Verspreiding van F. albida | |
Sinonieme | |
|
Alhoewel Akasias met aarvormige blomme byna altyd haakdorings het, is die anaboom die uitsondering. Die blomme is roomwit in are en die dorings is reguit – tot sowat 2 cm lank. Die boom word tot 30 m hoog. Die boom dra buitengewoon groot, gekromde helder oranje tot rooierige peule. Die peule word deur vee en wild gevreet.[1]
Die boom is die enigste spesie in die genus Faidherbia, wat aan die sub-familie Mimosoideae behoort en op sy beurt weer aan die familie Fabaceae behoort. Die boom se FSA-nommer is 159.[2][3]
Fotogalery
Loof te Kaap Verde Bloeiwyses in die Namib-Naukluft Peule te Pafuri, Krugerwildtuin Anaboom-brandhout in Namibië
Verwysings
- Keith, Paul & Meg Coates Palgrave (2000). Algemene gids tot BOME. p. 59. ISBN 1-86872-527-8.
- https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
- Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik. p. 59. ISBN 978-1-77007-759-1.
Bronne
- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
Eksterne skakels
Wikispecies het meer inligting verwant aan Anaboom
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Anaboom.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.