Anabaptisme

Die Anabaptiste, wat dikwels ook Wederdopers of die radikales van die Protestantse Reformasie genoem word, het bestaan uit sektariese groeperings in die 16de eeu wat onder andere van mening was dat 'n Christen nie 'n magistraat mag word nie en dat kinders van gelowiges glad nie gedoop mag word nie.

Die neutraliteit van hierdie artikel (of dele daarvan) word tans betwis.
Wikipedia se beleid is dat alle artikels vanuit ’n neutrale standpunt geskryf moet wees. Sien die besprekingsbladsy vir besonderhede of ons riglyne wat kan help om die artikel meer onpartydig te maak.

In die Duitse stad Münster het die sogenaamde Münsterse Dopers selfs die stad geweldadig beset en een van die leiers het homself koning van die stad verklaar. In hierdie tyd is ook poligamie in die stad toegelaat omdat heelwat van die mans van die stad omgekom het in skermutselings met regeringstroepe. Wat die oproer by Münster so interessant maak, is dat Anabaptiste oor die algemeen wou voorgee dat hulle pasifiste is.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.