An-Najm

An-Najm (Arabies: النجم, "Die Ster") is die 53ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 62 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar. Die soera se naam kom uit vers 1.

النجم
  Soera 53 van die Koran  
KlassifikasieMekkaans
In ArabiesAn-Najm
TransliterasieAn-Nadjm
In Afrikaans"Die Ster"
Deel27
Ajat62

Opsomming

Die hoofstuk begin met 'n eed deur God by elke ster wat oor die horison sak en verdwyn, dat Mohammed inderdaad God se boodskapper is. Dit bevestig die goddelike bron van die Profeet se boodskap en verwys na sy opstyging na die hemel tydens die Nagreis. Die soera ontken die bewerings van die ongelowiges oor die godinne en engele (vanaf vers 19), en noem verskeie waarhede oor God se mag. Dit eindig met 'n waarskuwing oor die oordeelsdag.

Die soera is die eerste een wat van Moslems vereis om te prostreer (kniel) wanneer dit geresiteer word, volgens 'n aantal hadits. Die soera beweer dat toe Mohammed dit die eerste in Mekka vertel het, alle Moslems en nie-Moslems (buiten een man) voor God geprostreer het vanweë die effek wat die woorde op hulle gehad het.[1]

Verwysings

Skakels

Vorige soera:
At-Tur
Die Koran Volgende soera:
Al-'Kamar
Soera An-Najm

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.