Amsterdam, Mpumalanga

Amsterdam is 'n klein skaapboerdery-dorpie in Mpumalanga, Suid-Afrika. Die dorp is sowat 16 km van die grens met eSwatini. Die grenspos word Nerston genoem.

Amsterdam
Amsterdam is in Mpumalanga
Amsterdam
Amsterdam
 Amsterdam se ligging in Mpumalanga
Koördinate: 26°37′S 30°39′O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieMpumalanga
DistrikGert Sibande
MunisipaliteitMkhondo
Stigting1864
Oppervlak
  Totaal8,13 km2 (3,14 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal6 769
  Digtheid833/km2 (2 160/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense7.4%
  Indiërs/Asiërs0.4%
  Bruin mense0.8%
  Swart mense90.4%
  Ander0.9%
Taal (2011)
  Zoeloe 78.6%
  Afrikaans 8.0%
  Swazi 6.2%
  Engels 2.1%
  Ander 5.1%
Poskode (strate)
2375
Poskode (posbusse)
geen
Skakelkode017
Hierdie artikel handel oor die dorp in Suid-Afrika. Sien Amsterdam vir die artikel oor die Nederlandse hoofstad.

Geskiedenis

Die gebied is in 1864 deur 'n Skot, Alexander McCorkindale, as 'n republiek gestig en New Scotland genoem. Die hoofstad Roburnia wat in 1881 gestig is, is vernoem na die Skotse digter Robert Burns.

Omtrent 50 Skotse setlaars wat hulle in die gebied gevestig het, het wat aanleiding gegee het tot Skotse plaasname soos Lochiel, Waverley en Bonny Brae. McCorkindale het aan koors omgekom terwyl hy besig was met die beplanning van 'n hawe vir Lourenço Marques in Mosambiek. Die enigste herinnering aan McCorkindale is die naam van die dorpsplein wat na hom genoem is. In 1882 is Roburnia deur Paul Kruger hernoem na Amsterdam in Nederland.

Distrik

Daar is ook groot bloekom-, denne- en wattelpantasies in die omgewing.

Sien ook

Verwysings

  1. "Hoofplek Amsterdam". Sensus 2011.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.