Amien

Amiene kan as gesubstitueerde ammoniak-molekule beskou word.

AmmoniakPrimêre amienSekundêre amienTersiêre amien

Nes ammoniak het hulle basiese eienskappe, omdat die N-atoom 'n alleenpaar het. Amiene is volop in die biochemie en die natuur. Hulle het dikwels 'n onaangename vrot vis-agtige reuk.

Primêre amiene

Indien net een waterstofatoom deur ‘n organiese groep vervang is, word dit n primêre amien genoem. 'n Algemene formule vir n primêre amien is R-NH2. In die chemiese nomenklatuur kan hierdie funksionele groep met die voorvoegsel amino- of met die uitgang -amien aangedui word.

Hierdie molekuul word soms 1-amino-butaan genoem, en IUSTC gee die voorkeur aan hierdie naam, maar butielamien ook dikwels gebruik, omdat dit die Chemical Abstract Service (CAS) se konvensie is.[1]

Twee substitusies gee 'n sekundêre amien en drie 'n tersiêre amien.

Verwysings

  1. "Libretexts" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 November 2017.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.