Amersfoort, Mpumalanga

Amersfoort is 'n klein plattelandse dorp in Mpumalanga, Suid-Afrika wat vernoem is na die stad Amersfoort in Nederland. Die N11 nasionale pad gaan deur Amersfoort en is 42 km noord van Volksrust.

Amersfoort
Amersfoort is in Mpumalanga
Amersfoort
Amersfoort
 Amersfoort se ligging in Mpumalanga
Koördinate: 27°0′28″S 29°52′16″O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieMpumalanga
DistrikGert Sibande
MunisipaliteitPixley ka Seme
Stigting1888
Oppervlak
  Totaal17,09 km2 (6,60 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal12 335
  Digtheid722/km2 (1 870/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense4.3%
  Indiërs/Asiërs1.7%
  Bruin mense0.2%
  Swart mense93.2%
  Ander0.5%
Taal (2011)
  Zoeloe 84.0%
  Afrikaans 4.4%
  Swazi 3.4%
  Engels 2.1%
  Ander 6.1%
Poskode (strate)
2490
Poskode (posbusse)
2490
Skakelkode017

Geskiedenis

Die dorp het ontstaan toe twee boere grond vir 'n nuwe NG Kerkgemeente geskenk het. Ds Frans Lion Cachet het die gemeente gestig en dit na Amersfoort in Nederland vernoem. Die dorp is in 1888 gestig om die Nederduits Gereformeerde Kerk wat in 1876 gebou is.

Distrik

Die distrik is 1 800 km2 groot. Skaapboerdery is die belangrikste bedryf.

Sien ook

Verwysings

  1. "Hoofplek Amersfoort". Sensus 2011.

Bronne

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.