Amblypygi
Die orde Amblypygi bestaan uit ongeveer 60 spesies wat voorheen as lede van die orde Uropygi beskou is. Lede van die Amblypygi is naglewend en hulle hou onder rotse, stompe, blare, ensovoorts. Hulle is tussen 4 en 45 mm groot en hul afgeplatte liggame is soortgelyk aan die van spinnekoppe. Die karapaks het ’n paar oë wat in die middel geleë is en daar kom nog twee of drie oë aan elke kant daarvan voor.
Amblypygi | |
---|---|
Heterophrynus, Ecuador | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | Amblypygi Thorell, 1883 |
Families | |
|
Hul kloukake is soortgelyk aan die van spinnekoppe en die kaaktasters is goed ontwikkel. Die eerste paar bene dien as sensoriese en tasorgane. Hulle is tot lang, sweepagtige strukture verleng, terwyl die laaste 3 paar ledemate as bewegingsorgane gebruik word.
Verwysings
- (en) Garwood, Russell J.; Dunlop, Jason A.; Knecht, Brian J.; Hegna, Thomas A. (2017). "The phylogeny of fossil whip spiders". BMC Evolutionary Biology. 17 (1): 105. doi:10.1186/s12862-017-0931-1. PMC 5399839. PMID 28431496.
Bronnelys
- Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0-908409-67-6, volume 26, bl. 98
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Amblypygi.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Amblypygi
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.