Amanda Coetzer
Amanda Coetzer (1971-) is ’n voormalige Suid-Afrikaanse tennisspeler. In 1996 word sy die eerste (en tot dusver die enigste) Suid-Afrikaanse vrou in die professionele era van tennis wat 'n enkelspelfinaal van ’n Grand Slam-toernooi haal (die Australiese Ope en Franse Ope, waarin sy telkens in die eindstryd verloor). Vir die grootste deel van haar loopbaan verskyn haar naam op die wêreldranglys van die 20 beste vroue-enkelspelspelers. Male sonder tal het sy spelers hoër gekeur as syself geklop en daarom, asook vanweë haar klein postuur, die bynaam "The Little Assassin" gekry. In 1999 is sy die enigste speler wat Steffi Graf, Martina Hinges en Lindsay Davenport klop terwyl hulle elk in daardie stadium die topspeler in die wêreld was. In 2000 het sy en Wayne Ferreira die Hopmanbeker gewen.[3]
Amanda Coetzer in aksie. | ||
Land | Suid-Afrika | |
---|---|---|
Woonplek | Hoopstad, Suid-Afrika[1] | |
Geboortedatum | 22 Oktober 1971[1] | |
Geboorteplek | Hoopstad, Suid-Afrika[1] | |
Lengte | 1,58 m[1] | |
Gewig | 54 kg[1] | |
Begin professioneel | 1988[1] | |
Afgetree | 2004 | |
Spelstyl | Regshandig (tweehandig handrughou)[1] | |
Loopbaan-wengeld | $5 594 821 (soos op 22 Februarie 2021)[1] (121ste van alle tye)[2] | |
Enkelspel | ||
Loopbaanrekord | 568–337 (66,27%)[1] | |
Loopbaantitels | 9 WTA,[1] 4 ITF | |
Hoogste rang | No. 3 (3 November 1997)[1] | |
Grand Slam-uitslae | ||
Australiese Ope | HE (1996, 1997) | |
Franse Ope | HE (1997) | |
Wimbledon | 4R (1994) | |
VSA-Ope | KE (1994, 1996, 1998) | |
Groot toernooie | ||
WTA-kampioenskap | KE (1993, 2000) | |
Olimpiese Spele | 2R (1996) | |
Dubbelspel | ||
Loopbaan-rekord | 269–219 (55,12%)[1] | |
Loopbaantitels | 9 WTA[1] | |
Hoogste rang | No. 15 (27 September 1993)[1] | |
Australiese Ope | KE (2002) | |
Franse Ope | HE (1993, 1994) | |
Wimbledon | 3R (1998, 2001) | |
VSA-Ope | E (1993) | |
Gemengde dubbelspel | ||
Loopbaan-rekord | 18–18 (50%) | |
Loopbaantitels | 0 | |
Grand Slam-gemengdedubbelspeluitslae | ||
Australiese Ope | 2R (1995, 2001) | |
Franse Ope | KE (2000) | |
Wimbledon | KE (2000) | |
VSA-Ope | 2R (1992, 1993) | |
Laaste opgedateer op: 22 Februarie 2021. |
Coetzer is op 22 Oktober 1971 in Hoopstad gebore. Sy begin haar tennisloopbaan in 1988 en hang haar skoene in Junie 2004 op. Sy het haar hoogste ranglysposisie in die enkelspel, die derde plek, op 3 November 1997 bereik. Sy is met die filmprodusent Arnon Milchan getroud.
Grand Slam-rekord
Die tabel toon Coetzer se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in vroueenkels waaraan sy deelgeneem het:
Jaar | Australiese Ope | Franse Ope | Wimbledon | VSA Ope |
---|---|---|---|---|
1988 | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | K3 | K1 |
1989 | Nie deelgeneem nie | Rondte 4 | Rondte 1 | Rondte 1 |
1990 | Nie deelgeneem nie | Rondte 1 | Rondte 2 | Rondte 1 |
1991 | Nie deelgeneem nie | Rondte 2 | Rondte 2 | Rondte 1 |
1992 | Nie deelgeneem nie | Rondte 3 | Nie deelgeneem nie | Rondte 3 |
1993 | Rondte 1 | Rondte 2 | Rondte 2 | Rondte 3 |
1994 | Rondte 2 | Rondte 4 | Rondte 4 | Kwarteindstryd |
1995 | Rondte 3 | Rondte 2 | Rondte 2 | Rondte 1 |
1996 | Halfeindstryd | Rondte 4 | Rondte 2 | Kwarteindstryd |
1997 | Halfeindstryd | Halfeindstryd | Rondte 2 | Rondte 4 |
1998 | Rondte 4 | Rondte 1 | Rondte 2 | Kwarteindstryd |
1999 | Rondte 4 | Rondte 1 | Rondte 3 | Rondte 1 |
2000 | Rondte 2 | Rondte 3 | Rondte 2 | Rondte 3 |
2001 | Kwarteindstryd | Rondte 3 | Rondte 3 | Rondte 1 |
2002 | Rondte 4 | Rondte 1 | Rondte 2 | Rondte 3 |
2003 | Rondte 4 | Rondte 1 | Rondte 2 | Rondte 3 |
2004 | Rondte 2 | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie |
Verwysings
- (en) "Amanda Coetzer". Women's Tennis Association. Besoek op 22 Februarie 2021.
- (en) "Career Prize Money Leaders" (PDF). Women's Tennis Association. 22 Februarie 2021. Besoek op 22 Februarie 2021.
- HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Amanda Coetzer.
- (en) Amanda Coetzer se ITF-profiel
- (en) Amanda Coetzer se WTA-profiel
- (en) Amanda Coetzer in die Internet-rolprentdatabasis