Alvin Bruinders
Alvin Bruinders (gebore in 1975) is 'n Afrikaanse akteur, komediant, seremoniemeester, radio-omroeper en sanger. Hy is veral bekend vir sy rolle in TV-programme soos Vetkoekpaleis, Gautengaleng, Stoute Boude en Andries Plak (SAUK2, deur PG du Plessis geskryf).
Alvin Bruinders | |
Geboorte | 1975[1] |
---|---|
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Akteur, komediant en sanger. |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Hy was in 2002 in 'n ernstige motorongeluk en moes verskeie operasies ondergaan. Daar is onder meer staalpenne in sy arm geplaas om die gebruik van een van sy hande te behou.[1]
Bruinders is op 16 Desember 2006 met die sangeres Anrika in die eg verbind.
Diskografie
- Kom Jol Saam Met My
- Die Stoutgat 1
- From The Heart
Filmografie
- Molly en Wors die Movie, 2013 as Melvin
- Vetkoekpaleis, TV-reeks, as die verkeerskonstabel
- Gautengaleng
- Vir Beter of Baie Beter, TV-reeks as Colin, die buurman
- Andries Plak
Verwysings
- Nel, Ronel (Mei 2007). "Die Here is my business partner". Sarie-tydskrif. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Oktober 2010. Besoek op 16 Julie 2016.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.