Alopiidae
Die Sambokhaaie (Alopiidae) is 'n kraakbeenvis-familie wat hoort tot die orde Lamniformes. Daar is slegs een genus met drie spesies wat hoort tot dié familie en al drie die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor. Dit word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.
Alopiidae | |
---|---|
'n Fynstert-sambokhaai (A. vulpinus). | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Orde: | |
Familie: | Alopiidae Bonaparte, 1838 |
Genus: | Alopias Rafinesque, 1810 |
Tipespesie | |
Alopias macrourus Rafinesque, 1810 | |
Sinonieme | |
|
Kenmerke
Die uitstaande kenmerk van die familie is die buitengewone lang boonste lob van die stertvin en die onderste lob is kort. Die tweede dorsale en anale vinne is klein en die pektorale vinne is lank. Die tande is klein en daar is vyf pare kieue splete weerskante van die kop. Die familie kan tot 6 m lank word.
Genus
Die volgende genus en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
- Alopias
- Alopias pelagicus - Kleintand-sambokhaai
- Alopias vulpinus - Fynstert-sambokhaai
- Alopias superciliosus - Grootoog-sambokhaai
Sien ook
Bron
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
Verwysings
- Bourdon, J. (April 2009). Fossil Genera: Alopias. Besoek op 6 Oktober 2009.
- Goldman, K.J. (2007). "Alopias vulpinus". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2011.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 2 September 2011.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.