Alkyn

'n Alkyn is 'n organiese verbinding wat 'n funksionele groep bevat met 'n drievoudige binding tussen twee koolstofatome (-C≡C-).

Vyf isomere van dekyn C10H18
dek-1-yn
dek-2-yn
dek-3-yn
dek-4-yn
dek-5-yn

Die teenwoordigheid van hierdie groep word in die naamgewing deur die uitgang -yn weergegee. 'n Algemene formule vir alkyne is CnH2n-2 Die eenvoudigste en bekendste alkyn is etyn. 'n Ouer naam is asetileen.

Chemiese eienskappe

Die chemie van alkyne lyk soos die van die alkene omdat altwee funksionele groepe π-bindings het wat die reaktiwiteit bepaal. Dit is veral die geval vir drievoudige bindings in die middel van 'n ketting. 'n Eindstandige (monogesubstitueerde) drievoudige binding het 'n nuwe eienskap omrede die (ongesubstitueerde) proton aan die einde van die keten 'n swak suur is. Die pKa is ongeveer 25. 'n Basis soos die amied-ioon is sterk genoeg om die alkyn-proton te verwyder. Die alkynied-ioon wat ontstaan is 'n goeie nukleofiel.[1]

Verwysings

  1. Organic Chemistry Study Guide: Key Concepts, Problems, and Solutions, Robert J. Ouellette, J. David Rawn, Elsevier, 2015, ISBN 0-12-801864-X, ISBN 978-0-12-801864-4, bls 105
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.