Alifatiese verbinding

In organiese chemie word koolwaterstowwe (verbindings wat slegs uit koolstof en waterstof bestaan) in twee klasse verdeel: aromatiese verbindings en alifatiese verbindings (van Grieks aleiphar wat vet of olie beteken), ook bekend as nie-aromatiese koolwaterstowwe. Alifatiese verbindings kan siklies wees maar koolwaterstowwe met gekonjugeerde pi-stelsels wat Hückel se reel gehoorsaam word egter beskou as aromaties.[1] Alifatiese verbindings kan versadig wees, soos heksaan, of onversadig, soos hekseen en heksyn. Oopkettingverbindings (hetsy reguit of vertak) bevat geen ringe van enige aard nie en is dus alifaties.

Aromatiese furaan (links) en alifatiese tetrahidrofuraan (regs)
Nie-sikliese alifatiese / nie-aromatiese verbinding (butaan)
Sikliese alifatiese / nie-aromatiese verbinding (siklobutaan)

Struktuur

Alifatiese verbindings kan versadig wees en verbind word deur enkelbindings (alkane), of onversadig, met dubbelbindings (alkene) of drievoudige bindings (alkyne). Behalwe waterstof, kan ander elemente aan die koolstofketting gebind word, waarvan suurstof, stikstof, swawel en chloor die algemeenste is.

Die eenvoudigste alifatiese verbinding is metaan (CH4).

Eienskappe

Die meeste alifatiese verbindings is vlambaar, wat die gebruik van koolwaterstowwe as brandstof moontlik maak, soos bv. metaan in gasvlamme en as vloeibare natuurlike gas, en asetileen (etyn) in die sweiswerk.

Voorbeelde

FormuleNaamStrukturele formuleFormuleNaamStrukturele formule
CH4Metaan C2H2Asetileen
C2H4Etileen C2H6Etaan
C3H4Propyn C3H6Propeen
C3H8Propaan C4H61,2-Butadiëen
C4H61-Butyn C4H81-Buteen
C4H10Butaan C5H12n-pentaan
C6H10Siklohekseen C7H14sikloheptaan
C7H14Metielsikloheksaan C8H8Kubaan
C9H20Nonaan C10H12Disiklopentadiëen
C10H16Fellandreen C10H16α-Terpineen
C10H16Limoneen C11H24Undekaan
C30H50Skwaleen C2nH4nPoliëtileen

Verwysings

  1. "aliphatic compounds". IUPAC Compendium of Chemical Terminology (in Engels). Research Triagle Park, NC: IUPAC. doi:10.1351/goldbook.a00217. ISBN 0-9678550-9-8.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.