Alice-blou
Alice-blou is 'n kleur, 'n baie ligte skakering van asuur, die gunstelingkleur van Alice Roosevelt Longworth, dogter van die eertydse Amerikaanse President, Theodore Roosevelt. Dit het destyds 'n modesensasie ontketen in die Verenigde State.
#F0F8FF |
Weens die baie min ink (kleurstof) wat volgens die CMYK-formule vir drukwerk van dié kleur benodig word, is dit uiters moeilik om dit suksesvol af te beeld in vierkleurdrukwerk.
Kleurkoördinate
Volgens verskeie kleurskemas word Alice-blou soos volg voorgestel:
Model | Koördinate |
---|---|
Heksadesimale kode | #F0F8FF |
RGB-kleurmodel | (240, 248, 255) |
CMYK | (4, 1, 0, 0) |
HSV | (208°, 6%, 100%) |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.