Alice, Oos-Kaap
Alice is 'n dorpie in die Oos-Kaap, 120 km wes van Oos-Londen. Dit is op die wesoewer van die Tyhumerivier geleë, teenoor die hoofkampus van die Universiteit van Fort Hare.
Alice eDikeni | |
---|---|
Die Universiteit van Fort Hare se geboue troon uit bo die dorpie Alice. | |
Alice Alice se ligging in Oos-Kaap | |
Koördinate: 32°47′S 26°50′O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | Amathole |
Munisipaliteit | Raymond Mhlaba |
Stigting | 1824 |
Oppervlak | |
• Totaal | 9,85 km2 (3,80 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 15 143 |
• Digtheid | 1 537/km2 (3 980/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0,6% |
• Indiërs/Asiërs | 0,3% |
• Bruin mense | 5,6% |
• Swart mense | 93,0% |
• Ander | 0,5% |
Taal (2011) | |
• Xhosa | 84,0% |
• Afrikaans | 7,3% |
• Engels | 3,5% |
• Ander | 5,2% |
Poskode (strate) | 5700 |
Poskode (posbusse) | 5700 |
Skakelkode | 040 |
Geskiedenis
Die Glasgow Sendinggenootskap het 'n sendingstasie in 1824 op die westelike oewer van die Tyhumerivier gestig. Hulle het die dorp eers Lovedale genoem - na John Lovedale van die genootskap. Die dorp is later na prinses Alice, dogter van die Britse koningin Victoria, vernoem.
Die sendingstasie is na die Sesde Grensoorlog prysgegee en die eerste skool is eers in 1841 ná die heropening gebou. Die geboue is egter tydens die Sewende Grensoorlog opgekommandeer en in 'n fort omskep. Ná die vrede van 1847 is 'n behoorlike fort op die oostelike oewer van die rivier gebou.
In 1867 het Jane Elizabeth Waterston, Suid-Afrika se eerste vrouedokter, hier begin werk as 'n onderwyseres.[2]
In 1981 het dit deel van die onafhanklike tuisland Ciskei geword en moes nie-swartes dit verlaat.
Distrik
Daar word wol, sybokhaar, beesvleis, melk, sitrusvrugte, tabak en hout gelewer in die distrik. Die Universiteit van Fort Hare is opgerig waar die militêre fort in die 19de eeu op die oewers van die Tyhumerivier gebou is.
Naburige dorpe
Hogsback | ||
Fort Beaufort | Middeldrif, King William’s Town | |
Verwysings
- "Hoofplek Alice". Sensus 2011.
- Rosenthal, Eric (red.). Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Londen en New York: Frederick Warne & Kie Bpk.
Bronne
- Erasmus, B.P.J. Op pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.