Alfa Romeo Giulietta
Alfa Romeo Giulietta is die naam van drie verskillende geslagte motors wat deur die Italiaanse vervaardiger Alfa Romeo gebou is:
- Die eerste Giulietta was 'n agterwielaangedrewe kar van 1954 tot 1965, in 4-deur sedan, koepee, spider en estate vorme. Dit is deur die Alfa Romeo Giulia vervang.
- Die Giulia is weer vervang deur die tweede Giulietta (Type 116), 'n agterwielaangedrewe 4-deursedan verwant aan die Alfa Romeo Alfetta, vervaardig van 1977 tot 1985.
- Die derde geslag Giulietta is 'n voorwielaangedrewe klein gesinsluikrug wat sedert 2010 vervaardig word.
- 1954–1965 Alfa Romeo Giulietta (750/101)
- 1977–1985 Alfa Romeo Giulietta (116)
- 2010–huidig Alfa Romeo Giulietta (940)
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.