Alexios II Komnenos
Alexios II Komnenos of Comnenus (Grieks: Αλέξιος Β′ Κομνηνός, Alexios II Komnēnos; 10 September 1169 - Oktober 1183) was van 1180 tot 1183 keiser van die Bisantynse Ryk. Hy was die seun van Manuel I Komnenos en Maria van Antiogië.
Alexios II Komnenos | |
---|---|
Keiser van die Bisantynse Ryk | |
Alexios II uit Guillaume Rouillé se Promptuarii Iconum Insigniorum. | |
Bewind | 24 September 1180 - Oktober 1183 |
Dinastie | Komnenos |
Gebore | 10 September 1169 |
Oorlede | Oktober 1183 (op 14) |
Voorganger | Manuel I Komnenos |
Opvolger | Andronikos I Komnenos |
Vader | Manuel I Komnenos |
Moeder | Maria van Antiogië |
Alexios II was verlof aan die negejarige Agnes van Frankryk, dogter van koning Lodewyk VII, maar hulle het skynbaar nooit getrou nie.
Bewind
Toe Manuel in 1180 dood is, het Maria, wat ’n non met die naam Xene geword het, volgens sommige bronne die regent geword omdat Alexios minderjarig was. Sy het haar jong seun van die mag uitgesluit en haar steun gegee aan Alexios die protosebastos (’n neef van Alexios II), wat volgens die algemene mening haar minnaar was. Aanhangers van die jong Alexios II het probeer om die keiserinmoeder teen te gaan; sy halfsuster, Maria, het ’n opstand in die strate van Konstantinopel aangestig.
Die opstand is op 2 Mei 1182 onderdruk, maar Andronikos Komnenos, ’n neef van Manuel I, het die wanorde uitgebuit om die troon te probeer oorneem. Hy het die hoofstad binnegegaan en die regering omvergewerp. Hy het toegelaat dat Alexios II gekroon word, maar was verantwoordelik vir die dood van die meeste van die jong keiser se werklike en moontlike aanhangers, insluitende sy ma en halfsuster, en het hom enige sê in openbare sake geweier.
Andronikos is hierna amptelik tot medekeiser verklaar en kort daarna, in Oktober 1183, het hy Alexios laat vermoor onder die voorwendsel dat ’n verdeelde bewind skadelik was vir die ryk. Tydens Alexios II se bewind is verskeie dele van Bisantium aan vyande soos die Seldjoekse Turke, Hongarye en Venesiërs afgestaan.
Bronne
- Harris, Jonathan, Byzantium and the Crusades, Bloomsbury, 2014. ISBN 978-1-78093-767-0
- Oxford Dictionary of Byzantium
- Magdalino, Paul (1993), The Empire of Manuel I Komnenos
- Magoulias, Harry J., vertaler (1984), O city of Byzantium: annals of Niketas Choniates, Detroit: Wayne State University Press, ISBN 0-8143-1764-2
- van Dieten, J. L., editor (1975), Nicetae Choniatae historia, Berlin: De Gruyter
- Wirth, Peter (1956), "Wann wurde Kaiser Alexios II. geboren? [When was Emperor Alexios II born?]", Byzantinische Zeitschrift 49: 65–67, doi:10.1515/byzs.1956.49.1.65
- Plate, William (1867), Smith, William, ed., Alexios II Komnenos, 1, Boston: Little, Brown and Company, pp. 130, http://quod.lib.umich.edu/cgi/t/text/pageviewer-idx?c=moa;cc=moa;idno=acl3129.0001.001;q1=demosthenes;size=l;frm=frameset;seq=145;page=root;view=image
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia