Albertynshof

Albertynshof is 'n klein, sentrale voorstad van Kimberley, Noord-Kaap, suid van die Groot Gat, noord van New Park en noordoos van Kestellhof. Die dorpsgebied is gestig toe die destydse woonbuurt Newton (sedert 1945 bekend as New Park) se krotwonings "opgeruim" is en genoem na ds. Johannes Rudolph Albertyn (1878–1967), 'n predikant van onder meer die NG gemeente Kimberley, van 1936 tot 1949 algemene armesorgsekretaris van die Nederduitsch Hervormde of Gereformeerde Kerk in Transvaal en van 1949 tot 1956 sekretaris van die Federale Armesorgraad, wat hy in 1933 gestig het.

Albertynshof
Albertynshof is in Noord-Kaap
Albertynshof
Albertynshof
 Albertynshof se ligging in Noord-Kaap
Koördinate: 28°44′42″S 24°45′20″O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieNoord-Kaap
DistrikFrances Baard
MunisipaliteitSol Plaatje
HoofplekKimberley
Oppervlak
  Totaal0,47 km2 (0,18 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal505
  Digtheid1 074/km2 (2 780/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense59,6%
  Indiërs/Asiërs2,2%
  Bruin mense22,2%
  Swart mense14,9%
  Ander1,0%
Taal (2011)
  Afrikaans 72,1%
  Engels 18,4%
  Xhosa 3,6%
  Tswana 3,4%
  Zoeloe 1,4%

Vir sensusdoeleindes beslaan Albertynshof 0,47 km². In 2011 was hier 505 inwoners, van wie amper 60 persent wit was, net meer as 22 persent bruin en amper 15 persent swart. In daardie jaar was 72 persent van die inwoners se huistaal Afrikaans en amper 18,5 persent Engels.[1]

Bron

  • (en) Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers.

Verwysings

  1. "Subplek Albertynshof". Sensus 2011.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.