Albertville
Albertville is 'n dorp in die Franse Alpe en 'n onderprefektuur van die département Savoie (administratiewe gewes Rhône-Alpes) met sowat 18 300 inwoners (2005). Die Arlyrivier, wat deur Albertville vloei, mond naby die stad in die Isère uit.
Albertville | |
---|---|
Kaart van Savoie | Wapen |
Vlag | |
Land | Frankryk |
Région (Admin. gewes) | Auvergne-Rhône-Alpes |
Département | Savoie |
Koördinate | 45°40′N 6°23′O |
Stigting | Laat 12de eeu / 1836 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 17,54 vk km |
Hoogte bo seevlak | 345-2 037 m |
Bevolking: | |
- Totaal (1 Julie 2005) | 18 300 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 043/vk km |
Tydsone | UTC +1 |
- Somertyd | UTC +2 |
Burgemeester | Philippe Masure |
Amptelike webwerf | www.albertville.com |
Albertville is vernoem na koning Carlo Alberto I wat die huidige stad in 1836 gestig het. Die historiese voorloper van Albertville, die Cité Médiévale de Conflans, is 'n nabygeleë stadjie wat sy Middeleeuse karakter en stadsmuur bewaar het.
Albertville was die gasheerstad van die XVI Olimpiese Winterspele 1992 wat in Savoie gehou is.
Dubbelsinnigheid
Albertville/Albertstad is ook die vorige naam van die teenswoordige stad Kalemie in die Demokratiese Republiek van die Kongo.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.