Albertmeer
Die Albertmeer (Engels: Lake Albert) is 'n varswatermeer in Sentraal-Afrika en vorm die grens tussen Uganda en die Demokratiese Republiek van die Kongo. Die meer is 160 km lank, 30 km breed en redelik vlak met 'n maksimum diepte van 51 m. Die Wit Nyl vloei in die meer in vanaf die Victoriameer en hiervandaan staan die uitvloei na die Nylrivier bekend as die Albertnyl. Die meer is ook deel van die Groot Mere van Afrika en die Groot Skeurvallei.
Albertmeer | |
---|---|
Satellietbeeld van die Albertmeer | |
Kaart van mere en riviere in Uganda | |
Koördinate: | 1°41′N 30°55′O |
Ligging: | Demokratiese Republiek van die Kongo, Uganda |
Soort: | Binnemeer |
Oppervlakte: | 5 300 km² (2 000 myl²) |
Gemiddelde diepte: | 25 m (82 vt) |
Maksimum diepte: | 51 m (167 vt) |
Volume: | 132 km³ (32 myl³)[1] |
Lengte: | 160 km (99 myl) |
Breedte: | 30 km (19 myl) |
Invloei: | Victoria Nyl |
Uitvloei: | Albert Nyl |
Nedersettings: | Butiaba, Pakwach |
Die Rwenzoriberge is net suid van die meer.
Verwysings
- (en) The Nile Geargiveer 6 Oktober 2007 op Wayback Machine
Bron
- Africa's Great Rift Valley Nigel Pavitt. 2001. ISBN 0-8109-0602-3
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Albertmeer.
- (en) "Lake Albert". Encyclopædia Britannica. Besoek op 2 November 2023.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.