Alan Shepard
Alan Bartlett Shepard Jr. (18 November 1923 – 21 Julie 1998) was 'n Amerikaanse ruimtevaarder, vloot- en toetsvlieënier en sakeman. Hy het afgetree as 'n adjunkadmiraal. Hy het aan die United States Naval Academy te Annapolis gegradueer en in die Tweede Wêreldoorlog diens gedoen. Hy het 'n vlootvlieënier geword in 1946 en toetsvlieënier in 1950.
Alan Shepard | |
---|---|
Gebore | Alan Bartlett Shepard Jr. 18 November 1923 Derry, New Hampshire |
Sterf | 21 Julie 1998 (op 74) Pebble Beach, Kalifornië |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | Ruimtevaarder, vlootvlieënier, toetsvlieënier |
Bekend vir | Eerste Amerikaner in die ruimte |
Ouer(s) | Alan B. Shepard Sr. Pauline Renza Shepard (née Emerson) |
Hy was een van die Mercury Sewe, sewe ruimtemanne wat aanvanklik aangewys is deur NASA in 1959 vir die Mercury-program. Op 5 Mei 1961 voltooi hy die eerste bemande Mercury-ruimtevlug, MR-3, in 'n ruimtetuig wat hy Freedom 7 genoem het. Sodoende word hy die tweede persoon ná Joeri Gagarin en die eerste Amerikaner in die ruimte. Hy sou ook in beheer van die gekanselleerde Mercury-Atlas 10 ruimtevlug gewees het. Hy was ook later die bevelvoerder van Apollo 14, en word slegs die vyfde mens om op die maan te loop in Februarie 1971.
Sien ook
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Alan Shepard.
- (en) Alan Shepard in die Internet-rolprentdatabasis
- (en) Alan Shepard by Find a Grave