Alain Delon

Alain Fabien Maurice Marcel Delon ([alɛ̃ dəlɔ̃]; 8 November 1935 in Sceaux, Frankryk) is 'n Franse akteur en sakeman. Gedurende die 1960's en 1970's het hy internasionale bekendheid verwerf as een van Europa se gewildste rolprentsterre en manlike silwerdoek-sekssimbole. Gedurende sy loopbaan as akteur, waartydens hy in 'n tagtigtal rolprente opgetree het, het Delon met 'n verskeidenheid bekende regisseurs saamgewerk, onder wie Luchino Visconti, Jean-Luc Godard, Jean-Pierre Melville, Michelangelo Antonioni en Louis Malle. Dikwels het hy in sy rolprente die rolle van rowwe boosdoeners vertolk en ook in die openbare lewe graag die rol van enfant terrible gespeel; onder meer as aanhanger van Frankryk se regsgesinde party Front National en sy leier Jean-Marie Le Pen.

Alain Delon
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Alain Delon in Rome (1959)

Geboortenaam Alain Fabien Maurice Marcel Delon
Geboorte 8 November 1935
Sceaux, Hauts-de-Seine, Frankryk
Nasionaliteit  Frankryk
Vlag van Switserland Switserland (sedert 1999)
Beroep(e) Akteur, sakeman, vervaardiger, skrywer
Aktiewe jare 1957–2012
Webwerf www.alaindelon.ch
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Alain Delon bly sedert 1985 in Switserland en het in 1999 Switserse burgerskap as burger van die kanton Genève aanvaar.[1]

Alain Delon as handelsmerk

'n Groot verskeidenheid produkte word onder die handelsmerk «Alain Delon» bemark.[2]

Verwysings

Eksterne skakels

Wiki-webtuistes

Amptelike webtuistes

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.