Al-Fath

Al-Fath (Arabies: الفتح, "Die Oorwinning") is die 48ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 29 ajat, of verse, en is vermoedelik in Medina aan Mohammed geopenbaar.

الفتح
  Soera 48 van die Koran  
KlassifikasieMedinees
In ArabiesAl-Fath
TransliterasieAl-Fath
In Afrikaans"Die Oorwinning"
Deel26
Ajat29
'n Aanhaling van vers 27 op 'n gordynpaneel vir die deur van die Kaäba, 19de eeu.

Die naam van die hoofstuk kom uit vers 1: "Voorwaar, Ons het aan u ’n duidelike oorwinning verleen".[1]

Opsomming

Die soera is in Medina geopenbaar in die sesde jaar van die hidjra (die emigrasie van die profeet Mohammed van Mekka na Medina), op die geleentheid van die Verdrag van Goedeibieja tussen die Moslemse stadstaat Medina en Mekkaanse politeïste.

Die rede dat die verdrag, en daarom die hoofstuk, 'n "duidelike oorwinning" genoem word, is waarskynlik omdat dit vreedsaam was.

Die soera noem die oorwinning en kritiseer dan die houding van die huigelaars. Daarna volg verdere beloftes aan die Moslems en die hoofstuk eindig deur sekere belangrike deugde van die Moslemgemeenskap te noem.[2]

Verwysings

  1. Die Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications. ISBN 978-0-620-60451-2
  2. Ünal, Ali. (2008). The Qur'an with Annotated Interpretation in Modern English. Somerset, N.J.: Tughra Books. p. 1038. ISBN 978-1-59784-144-3. OCLC 234244740.

Skakels

Vorige soera:
Muhammad (soera)
Die Koran Volgende soera:
Al-Hujurat
Soera Al-Fath

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.