Al-Ahzab

Al-Aḥzāb (Arabies: الأحزاب, "Die Bondgenote") is die 33ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 73 ajat, of verse, en is vermoedelik in Medina aan Mohammed geopenbaar.

الأحزاب
  Soera 33 van die Koran  
KlassifikasieMedinees
In ArabiesAl-Ahzāb
TransliterasieAl-Ahzaab
In Afrikaans"Die Bondgenote"
Deel21-22
Ajat73

Die naam kom van die Arabiese en Joodse bondgenote wat in die Slag by die Grag (627 n.C. / 5 A.H.), ook bekend as die Beleg van Medina, teen die Moslems geveg het.[1]

Opsomming

Die soera noem wat by die Slag van die Grag gebeur het om gelowiges te herinner aan die genade en mag van God, want God het die verskeie stamme van die bondgenootskap wat Medina aangeval het, laat weggaan.

Die hoofstuk bevat instruksies oor die behandeling van Mohammed en sy eggenotes, en waarsku die huigelaars oor hulle gedrag. Volgens sommige geleerdes handel die Medinese verse oor die regsake in die Islamitiese gemeenskap.[2] Dié soeras bevat gewoonlik reëls en regulasies wat gelowiges moet volg.

Verwysings

  1. Joseph E.B. Lumbard, "Introduction to Sūrat al-Aḥzāb in The Study Quran, red. S.H. Nasr, Caner Dagli, Maria Dakake en Mohammed Rustom (HarperOne, 2015).
  2. Donner, Fred. Muhammad and the Believers. p. 81.

Skakels

Vorige soera:
As-Sajdah
Die Koran Volgende soera:
Saba (soera)
Soera Al-Ahzab

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.