Akromegalie

Akromegalie verwys na die oortollige groei in spesifieke dele van die liggaam as gevolg van die oorproduksie van groeihormoon in die pituïtêre klier. Die pituïtêre klier is 'n klein kliertjie wat onder die brein voorkom. Gewoonlik kom akromegalie voor omdat daar 'n gewas in die pituïtêre klier groei, maar dit kan selfs gebeur omdat daar 'n gewas in 'n ander deel van die liggaam voorkom wat ook groeihormoon afskei.

Akromegalie
Klassifikasie en eksterne bronne
Akromegalie veroorsaak ruimtes tussen die tande van die onderkaak.
Akromegalie veroorsaak ruimtes tussen die tande van die onderkaak.
ICD-10E22.0
ICD-9253.0
OMIM102200
DiseasesDB114
MedlinePlus  000321
eMedicinemed/27derm/593
MeSHD000172
Mediese waarskuwing

Akromegalie verskil van gewone groei in kinders omdat dit gewoonlik groei in pasiënte later in hul lewe veroorsaak.

Liggaamsdele wat deur akromegalie geraak word

Die liggaamsdele wat deur akromegalie geraak word is:

  • Interne organe
  • Die tong
  • Hande
  • Voete
  • Gesig, en die
  • Kakebeen

Ander simptome sluit sigverlies, swakheid, sweet en hoofpyne in.

Diagnose

Bloedtoetse word gebruik om die diagnose te bevestig, maar CT-skanderings word gebruik om die gewas op te spoor.

Behandeling

Mikrochirurgie deur die neus word gedoen om die gewas te verwyder. Indien nodig, word bestraling op die gewas uitgevoer. Die pasiënt moet gewoonlik na chirurgie of bestraling langtermyn hormoonaanvullings gebruik om die hormone wat gewoonlik deur die pituïtêre klier vervaardig word, te vervang.

Behandeling is baie suksesvol, veral in jong volwassenes.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.