Akkadies

Akkadies (lišānum akkadītum, ak.kADû, soms ook Babilonies) is ‘n uitgestorwe Semitiese taal (deel van die groter Afro-Asiatiese taalfamilie) wat in antieke Mesopotamië gepraat is. Dit is die oudste geïdentifiseerde Semitiese taal, en het die wigskrif skryfstelsel gebruik wat oorspronklik in die Soemeriese taal gebruik is. In die tweede millennium is twee dialekte gepraat, wat as Assiries en Babilonies bekend staan.

Akkadies
Gepraat in: Mesopotamië, Sirië 
Gebied: Midde-Ooste
Totale sprekers: uitgesterf
Taalfamilie: Afro-Asiaties
 Semities
  Oos-Semities
   Akkadies 
Skrifstelsel: Wigskrif
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2: akk
ISO 639-3: akk
Akkadies word in wigskrif geskryf.

Akkadies het al eeue lank as lingua franca in Mesopotamië gedien. Nogtans het die taal in die 8ste eeu v.C. begin daal en is geleidelik deur Aramees vervang. Die laaste Akkadiese geskrifte dateer van die eerste eeu n.C. Veel Akkadiese woorde oorleef in moderne Aramese dialekte wat deur Assiriërs in Irak gepraat word en Akkadies is ook die taal waarin die Gilgamesh-epos geskryf is.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.