Akihito

Akihito (明仁? gebore 23 Desember 1933) het vanaf 1989 tot 2019 as keiser (天皇 tennō?) van Japan gedien en was die 125ste keiser volgens Japan se tradisionele opvolgingsorde.[1] Soos in Japan gebruiklik is hy tydens sy bewind nie by sy geboortenaam Akihito genoem nie, maar "keiserlike majesteit" (天皇陛下, tennō heika) of "Sy huidige majesteit" (今上陛下, kinjō heika). Sy posthume naam sal Keiser Heisei (平成天皇, Heisei Tennō) wees, sy regeringstyd sal ná sy afsterwe darem as Heisei-tydperk (平成時代, Heisei jidai) bekend staan. Hy het die Krisanttroon in 1989 bestyg en in 2019 abdikeer. Sedert sy abdikasie is die amptelike aanspreekvorm keiser emeritus (上皇 Jōkō?).[2]

Standaard van die keiser emeritus, tans Akihito
Akihito
Keiser van Japan
Keiser Akihito in 2014
Dinastie Keiserlike Huis van Japan
Bewind 7 Januarie 198930 April 2019
Kroning 12 November 1990
Volle naam Akihito (明仁)
Gebore 23 Desember 1933 (1933-12-23)
Keiserlike Huishoudelike Agentskap-hospitaal, Keiserlike Paleis, Tokio, Japan
Voorganger Keiser Shōwa
Erfgenaam Keiser Reiwa
Opvolger Keiser Reiwa
Gade Keiserin Michiko (1959–hede)
Kinders Keiser Reiwa
Prins Akishino
Sayako Kuroda
Vader Keiser Shōwa
Moeder Keiserin Kōjun

Akihito is die oudste seun van die sewe kinders van Keiser Shōwa en sy vrou Nagako. Toe Tokio in Maart 1945 deur Amerikaanse bomwerpers aangeval is, is Akihito en sy jonger broer Masahito (hy heet nou Hitachi) na veiligheid geneem. In Junie 1953 het hy Japan tydens die kroning van koningin Elizabeth II verteenwoordig.

Hy trou op 10 April 1959 met Shoda Michiko. Hulle het drie kinders:

  • Naruhito (* 23 Februarie 1960)
  • prins Akishino (* 30 November 1965)
  • prinses Sayako (* 18 April 1969)

As die destydse kroonprins, het hy sewe staatsbesoeke saam met kroonprinses Michiko afgelê. Ná die afsterwe van sy vader word hy op 7 Januarie 1989 die keiser van Japan. Die amptelike kroningseremonie het egter eers op 12 November 1990 plaasgevind. In Desember 2017 het die Japannese regering die abdikasie van Akihito vir 30 April 2019 aangekondig, hy is op 1 Mei 2019 deur sy oudste seun, Kroonprins Naruhito, opgevolg.[3][4]

Verwysings

  1. (en) Nussbaum, Louis-Frédéric (2002). Traditional order of Tennō. pp. 962–963. {{cite book}}: |work= ignored (hulp)
  2. (en) "Emperor Akihito to Be Called Emperor Emeritus after Abdication". nippon.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Maart 2019. Besoek op 1 Mei 2019.
  3. (en) Enjoji, Kaori (1 Desember 2017). "Japan Emperor Akihito to abdicate on April 30, 2019". CNN. Tokio. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2019. Besoek op 1 Mei 2018.
  4. (en) "Naruhito: Japan's new emperor pledges to be symbol of unity". BBC. 1 Mei 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Maart 2020. Besoek op 1 Mei 2019.

Eksterne skakels

Voorafgegaan deur
Keiser Shōwa
125ste Tennō
1989–2019
Opgevolg deur
Keiser Reiwa
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.