Akasiapark

Akasiapark is 'n woongebied vir staatsamptenare, parlementslede en spoorwegamptenare in Kaapstad, Wes-kaap, Suid-Afrika.

Nota: Moet nie verwar word met die woonbuurt Akasia in Pretoria nie.

Akasiapark is aangelê op 'n deel van die voormalige lugmagbasis Wingfield. Van 1947 tot 1 Desember 1959 het dit bekendgestaan as Sassar, maar die naam is toe verander na Akasiapark na aanleiding van die portjacksonbome wat hier groei.

Bron

  • Raper, Peter E.: Plekname van Suider-Afrika. p.42. Protea Boekhuis. Pretoria. 2020.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.