Akaba

Akaba (Arabies: العقبة, al-ʿAqaba, al-ʿAgaba, [æl ˈʕæqaba, alˈʕagaba]) is die enigste hawestad van Jordanië en is ook die grootste en digsbevolkte stad langs die Golf van Akaba. Dit stad is die suidelikste punt van Jordanië en die administratiewe sentrum van die Akabastreek. In 2015 was die bevolking 148 398 op 'n oppervlakte van 375 km². Die stad speel 'n belangrike rol in die ekonomie van Jordanië in beide die handel en toerismesektore. Die hawe bedien ook ander lande in die omgewing.

Akaba
Akaba

العَقبة
Akaba is in Jordanië
Akaba
Akaba
Koördinate: 29°31′55″N 35°00′20″O
GouvernementAkaba
Stigting4000 v.C.
Oppervlak
  Totaal375 km2 (145 vk. myl)
Hoogte
6 m (20 ft)
Bevolking
  Totaal148 398
  Digtheid502/km2 (1 300/vk. myl)
TydsoneUTC+02:00 (OET)
  SomertydUTC+03:00 (OEST)
Poskode
77110
Skakelkodes(962)3
Webwerfaqaba.jo

Die ligging van die hawe aan die noordoostelike punt van die Rooisee tussen die vastelande van Asië en Afrika gee dit strategiese waarde, al vir duisende jare.

Verwysings

  1. "The General Census – 2015" (PDF) (in Arabies). Department of Population Statistics. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 8 Februarie 2020.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.