Air Mauritius
Air Mauritius Limited, wat as die lugredery Air Mauritius handel dryf, is die vlagdraer van Mauritius. Die lugredery se hoofkwartier is in die Air Mauritius-sentrum in Port Louis, Mauritius, en sy spilpunt is die Sir Seewoosagur Ramgoolam Internasionale Lughawe.
![]() | |||||||
| |||||||
Gestig | 14 Julie 1967 | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Eerste vlug | Augustus 1972 | ||||||
Hoofspille | Sir Seewoosagur Ramgoolam | ||||||
Lojaliteitsprogram | Kestrelflyer | ||||||
Vlootgrootte | 13 | ||||||
Bestemmings | 20 [1] | ||||||
Houermaatskappy | Air Mauritius Holdings (51%) | ||||||
Hoofkantoor | Port Louis, Mauritius | ||||||
Sleutelpersone | Arjoon Suddhoo (Voorsitter) Andries Viljoen (H.U.B.) | ||||||
Webwerf | http://www.airmauritius.com |
Die maatskappy is die vierde grootste lugredery in Afrika besuide die Sahara, en het 'n belangrike plek in die Europese, Afrika- en die Indiese Oseaan-streeksmark. Die redery het die "2011 Indian Ocean Leading Airline"-prys verower, die sewende agtereenvolgende jaar dat dit dié prys ontvang. [2][3]
Dit verskaf ook 'n verskeidenheid tegniese dienste aan internasionale lugrederye wat Mauritius aandoen.
Vloot
![](../I/Air_Mauritius_A340-300.jpg.webp)
'n Airbus A340-300 van Air Mauritius styg op.
Die vloot van Air Mauritius bestaan uit die volgende vliegtuie (Junie 2020)
Model | Aantal | Notas |
---|---|---|
ATR 72 500 | 3 | |
Airbus A319 | 2 | |
Airbus A330 | 4 | 2 A330ceo en 2 A330neo |
Airbus A350 XWB | 2 | 2 vliegtuie op huurkontrak met Suid-Afrikaanse Lugdiens |
Airbus A340 | 2 | 2 Airbus A340-300 |
Totaal | 13 |
![](../I/Mauritius_25.08.2009_07-51-10.jpg.webp)
'n Deel van Air Mauritius se Airbusvloot
.
Verwysings
- http://www.airmauritius.com/aboutus.htm
- "Air Mauritius wins 2011 Indian Ocean Leading Airline" (PDF). Air Mauritius. 16 September 2011. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2012. Besoek op 24 Mei 2012.
- "World Travel Awards — Air Mauritius profile". World Travel Awards. Besoek op 17 November 2011.
- https://www.planespotters.net/country/operators/Mauritius
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.