Air Canada
Air Canada is die vlagdraer en grootste lugredery in Kanada volgens vlootgrootte en passasiers vervoer. Die redery, gestig in 1937, onderneem geskeduleerde en huurvlugte van passasiers en vrag na 207 bestemmings wêreldwyd. Dit is 'n stigterslid van die Star Alliance.[5] Air Canada se hoofkwartier is in Montreal, Quebec, terwyl sy grootste spil by die Toronto Pearson Internasionale Lughawe is.[6] Die lugredery se plaaslike diens is Air Canada Express.
| |||||||
Gestig | 10 April 1937 (as Trans-Canada Air Lines[1] 1 Januarie 1965 (as Air Canada) | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Eerste vlug | 1 September 1937 | ||||||
Hoofspille |
| ||||||
Fokusstede |
| ||||||
Lojaliteitsprogram |
| ||||||
Alliansie | Star Alliance | ||||||
Subsidiêre |
| ||||||
Vlootgrootte | 316 (Insl. filiale) | ||||||
Bestemmings | 222 | ||||||
Hoofkantoor | Montreal, Quebec, Kanada | ||||||
Sleutelpersone | |||||||
Omset | CAN$–4.647 miljard (2020)[4] | ||||||
Netto inkomste | CAN$–3.776 miljoen (2020) | ||||||
Werknemers | 42 000 (2017) | ||||||
Webwerf | www.aircanada.com |
Air Canada het 'n vloot van Airbus A330, Boeing 767, Boeing 777 en Boeing 787 Dreamliner wyerompvliegtuie op die langafstandroetes en maak gebruik van die Airbus A320-familie (insluitend die A319, A320, en A321 variante), Boeing 737 MAX 8, en Embraer E190-familie vliegtuie op die kortafstandroetes.
Die redery se bedryfsafdelings sluit in Air Canada Cargo, Air Canada Express, Air Canada Jetz (private stralerhuur) en Air Canada Rouge (ontspanninglugredery). Sy filiaal, Air Canada Vacations, bied vakansiepakkette na meer as 90 bestemmings. Saam met sy plaaslike vennote, bedryf die lugredery gemiddeld meer as 1 602 geskeduleerde vlugte daagliks.[7]
Vliegtuig | In diens | Op bestelling | Passasiers | |||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
S | B | P | E | Totaal | ||||
Airbus A220-300 | 28 | 17 | — | 12 | — | 125 | 137 | |
Airbus A320-200 | 17 | — | — | 14 | — | 132 | 146 | [8] |
Airbus A321-200 | 15 | — | — | 16 | — | 174 | 190 | |
Airbus A330-300 | 15 | 1 | 32 | — | 24 | 241 | 297 | [8] |
27 | — | 21 | 244 | 292 | ||||
— | 30 | 255 | 285 | |||||
Boeing 737 MAX 8 | 37 | 26[8] | — | 3 | — | 153 | 169 | Aflewerings tot 2021 |
Boeing 777-200LR | 6 | — | 40 | 24 | 236 | 300 | ||
Boeing 777-300ER | 18 | — | 40 | — | 24 | 336 | 400 | |
28 | — | 24 | 398 | 450 | ||||
Boeing 787-8 | 8 | — | 20 | — | 21 | 214 | 255 | |
Boeing 787-9 | 29 | — | 3 | — | 21 | 247 | 298 | |
Totaal | 175 | 52 |
- Airbus A220-300
- Airbus A319-100
- Airbus A320-200
- Air Canada se Boeing 777-200LR, die vliegtuig met die langste reikafstand in die wêreld.
Verwysings
- "Timeline - Air Canada's 80th Anniversary". moments.aircanada.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Oktober 2019. Besoek op 7 September 2018.
- "Air Canada Altitude". altitude.aircanada.com.
- Pilar Wolfsteller (15 Februarie 2021). "Challenges await as Rousseau takes Air Canada helm from Rovinescu". FlightGlobal. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 September 2015. Besoek op 17 Februarie 2021.
- "2020 Consolidated Financial Statements and Notes" (PDF). Air Canada. Besoek op 3 Julie 2021.
- "Star Alliance Member Airline - Air Canada" (in Engels). Star Alliance. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Augustus 2009. Besoek op 4 April 2009.
- "Investors Contacts Geargiveer 4 Februarie 2016 op Wayback Machine" Air Canada. Besoek op 18 Mei 2009.
- "Air Canada Annual Report 2017" (PDF). Air Canada. Besoek op 27 Mei 2018.
- "Q1 2020 MDA" (PDF). Air Canada. 4 Mei 2020. Besoek op 11 Mei 2020.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: url-status (link)
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |