Agulhas-spinnekopbos
Die Agulhas-spinnekopbos (Serruria bolusii) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Serruria behoort en deel van die fynbos vorm. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom in Elim heuwels en Soetanysberg voor. Die struik groei regop en word 1.0 m hoog en blom van Augustus tot Desember.
Agulhas-spinnekopbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. bolusii |
Binomiale naam | |
Serruria bolusii E.Phillips & Hutch., (1912) | |
Die plant gaan dood na 'n brand maar die sade oorleef. Twee maande nadat dit geblom het, val die vrugte af. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van insekte. Die plant groei in sandgrond op hoogtes van 20 - 580 m.
In Engels staan dit as die Agulhas Spiderhead bekend.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Agulhas-spinnekopbos.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.